Vinnige Voetjies Kleuterskool

Kontak ons 011 362 4790 / 082 925 7457

Klein voetjies. Groot drome.

 

Welkom by Vinnige Voetjies Kleuterskool

'n Veilige, liefdevolle plek waar jou kind kan speel, leer en groei.

By Vinnige Voetjies skep ons elke dag 'n warm en stimulerende omgewing waar kleingoed met selfvertroue kan ontdek, ontwikkel en sommer baie pret kan hê.

Ontdek Vinnige Voetjies

Speel. Leer. Groei.

[IMG-13-LINK]

Elke dag is 'n nuwe avontuur.

Pret, leer en mooi herinneringe

By Vinnige Voetjies is elke dag gevul met speel, ontdek en leer. Ons kleingoed kry die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel, vriendskappe te bou en spesiale herinneringe te maak in ’n veilige en liefdevolle omgewing.


Inskrywingsvorms & Dokumente


[KNPDF-a255630a9]
[KNPDF-o255630uz]