Welkom By Vinnige Voetjies
Kleuterskool en Naskool Sentrum
By Vinnige Voetjies in Selection Park, Springs, glo ons dat leer en pret hand aan hand moet loop! Ons voeg opvoeding en speletjies saam om ’n gebalanseerde leerervaring te skep wat kinders stimuleer om hul wêreld met nuuskierigheid, verbeelding en selfvertroue te ontdek.
Elke dag is ’n nuwe avontuur vol lag, leer en liefde, waar ons kleingoed die grondslag lê vir ’n gelukkige en suksesvolle toekoms.
Kyk Wat Maak Vinnige Voetjies Uniek!
Maak gerus gebruik van die skakels hier onder om na die spesifieke blaaie te gaan wat U in belangstel.
Prettige Aktiwiteite
Ons glo dat ’n gesonde liggaam, sowel as 'n gesonde verstand ewe belangrik is. Daarom bied ons verskeie prettige en opvoedkundige aktiwiteite wat help om fyn- en grootmotoriese vaardighede te ontwikkel, selfvertroue te bou en spanwerk aan te moedig. Ons programme sluit in:
-
Dans
-
Karate
-
Playball
-
Tumbling Tigerz
-
Swem
Waarvoor Ons Strewe
Missie: Ons missie is dus om ‘n veilige, liefdevolle, stimulerende omgewing te skep waar ons kinders respek, aanvaarding en liefde ervaar, sodat elke individuele kind sy volle potensiaal kan bereik. Die onderwysers en versorgers sal altyd op hoogte bly van die nuutste tendense in die onderwys en ‘n sprekende voorbeeld vir die kinders wees.