Ons skool voorsien 'n liefdevolle omgewing waar kinders kan leer en speel!
Ons visie is om elkeen van ons kinders te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel as emosionele intelligente kinders met Christelike waardes en normes.
Ons missie is dus om ‘n veilige, liefdevolle, stimulerende omgewing te skep waar ons kinders respek, aanvaarding en liefde ervaar, sodat elke individuele kind sy volle potensiaal kan bereik. Die onderwysers en versorgers sal altyd op hoogte bly van die nuutste tendense in die onderwys en ‘n sprekende voorbeeld vir die kinders wees.